
=====================================================================
Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaanse posiebron vir Lae Lande

DANKSY die inisiatief en harde werk van 'n groep Afrikaanse akademici en van Vlaamse belangstellendes in die Afrikaanse taal staan prof. 
Ernst van Heerden,   Afrikaanse digter en akademikus, se uitgebreide posieversameling nou toeganklik op die rakke as 'n deel van die 
grootste posieversameling in die Nederlandse taalgebied.

Die Ernst van Heerden-versameling van Afrikaanse posie bevat tans 609 Afrikaanse bundels, bloemlesings en kritiese werke, maar sal gereeld 
aangevul word. Hierdie versameling is op 27 November 1998 in Gent, Vlaandere, tydens 'n uiters geslaagde geselligheid in 'n historiese 
gebou op die Vrijdagmarkt amptelik aan die Poziecentrum oorgedra.

Di versameling is aanvanklik deur Van Heerden aan die Suid-Afrikaanse digter dr. Lucas Malan nagelaat, maar dr. Malan   het dit geskenk 
vir opname in die Poziecentrum (wat die grootste en mees geraadpleegde posieversameling in die Nederlandse taalgebied is). Toe prof. Van 
Heerden voor sy dood in September 1997 gepols is oor die moontlikheid om sy posieversameling te laat opneem in die Poziecentrum in 
hierdie kultuurryke Belgiese stad, was hy heel inskiklik aangesien hy sy doktorale studie aan die Universiteit van Gent gedoen het.

Die Poziecentrum het in 1980 tot stand gekom as 'n dokumentasie-, inligtings-, en studiesentrum vir Nederlandstalige posie en buitelandse 
posie wat in Nederlands vertaal is. Die byvoeging van die Afrikaanse posieversameling behoort na verwagting aan die een kant as groot 
stimulus vir vergelykende letterkundestudies te dien. Aan die ander kant sal dit help om 'n groter bewuswording van die Afrikaanse posie 
in die besonder en die Afrikaanse taal in die algemeen in die Lae Lande te skep.

Internetmoontlikhede

Die personeel van die Poziecentrum sal die versameling mettertyd beskikbaar stel vir gebruik deur belangstellendes in die Afrikaanse 
posie. Die Internet sal o.m. hiervoor ingespan word, het mnr. Immanuel Michiels van die   Poziecentrum tydens die 
bekendstellingsgeleentheid ges.

Die Nederlandse digter Gerrit Komrij,   wat 'n uitgebreide bloemlesing van Afrikaanse posie saamgestel het, het byvoorbeeld ruim gebruik 
gemaak van die Afrikaanse bronne in die Poziecentrum. Die hoop is ook uitgespreek dat deur die maklike beskikbaarheid van hierdie 
versameling die Afrikaanse letterkunde moontlik 'n plek sal vind in Nederlandse literatuurgeskiedenisse -- 'n plek wat dit al geruime tyd 
verdien.

Die idee vir die hele projek het ontstaan in Junie 1997 tydens 'n besoek aan die Poziecentrum deur Suid-Afrikaanse deelnemers aan die 
Nederlandse Taalunie se tweejaarlikse Gent/Boswell-projek. In terme van hierdie projek word groepe Suid-Afrikaanse senior studente en 
akademici die afgelope paar jaar die geleentheid gebied om opknappingskursusse in die Nederlandse en Vlaamse taal en kultuur in sowel Gent, 
Vlaandere, as Utrecht, Nederland, by te woon.

Die Suid-Afrikaanse digter Johann Lodewyk Marais   het tydens die besoek in Junie 1997 die behoefte aan 'n versameling Afrikaanse posie op 
die Nederlandse taalgebied eksplisiet uitgespreek. Die Poziecentrum het by monde van mnr. Willy Tibergien, direkteur van die   Centrum, te 
kenne gegee dat hulle graag so 'n versameling in hulle eie versameling sou wou opneem.

Praktiese vrugte

Deur die samewerking van 'n klompie Suid-Afrikaanse digters en universiteitsdosente, onder andere Marais self, prof. Wannie Carstens,   
professor in Afrikaanse taalkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, mnr. Anton Basson,   dosent in Afrikaanse letterkunde aan 
die Vista-Universiteit, en die Nederlandikus dr. Dorothea van Zyl   van die Universiteit van Stellenbosch, het die idee uiteindelik 
prakties vrugte afgewerp toe die Ernst van Heerden-versameling amptelik in November 1998 in die Centrum se versameling opgeneem is.

Mnr. Basson se ouers het die versameling etlike maande in hulle Randburgse huis gestoor en dit ook uiteindelik help verpak.

Die kontak- en skakelwerk in Vlaandere is gedoen deur welwillende taal- en kultuurinstansies soos die Orde van den Prince en die Gentse tak 
van die Marnixring. Mev. Marleen Couteur,   'n dosent aan die Talencentrum aan die Universiteit van Gent, was die Gentse skakelpersoon en 
sy het veral los organisatoriese drade aan mekaar geknoop.

Die PUK-Kanselierstrust van die PU vir CHO het finansile steun verskaf om die vervoer van die versameling moontlik te maak. Dr. Dorothea 
van Zyl   het met die hulp van lede van die bestuur van die Algemeen-Nederlands Verbond (in die besonder die voorsitter, mnr. Nico 
Rijpkema, wat betrokke is in die   vervoerbedryf) in Kaapstad dit bemiddel dat die versameling na Gent geneem kon word. Die 
vervoermaatskappy Grindrod het die versameling teen 'n verlaagde tarief per lugvrag na Brussel gebring, waarvandaan dit deur personeel van 
die Poziecentrum na Gent vervoer is.

Die versameling bevat baie bundels wat mededigters aan Van Heerden geskenk het met handtekeninge en handgeskrewe opdragte voorin. Van di 
werke is eerste drukke. Die versameling is uiters omvangryk en beslaan byna die hele Afrikaanse posiegeskiedenis. Bundels van onder andere 
Boerneef, Eitemal, Peter Blum, D.J. Opperman, W.E.G. Louw, T.T. Cloete, I.D. du Plessis, Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Elisabeth 
Eybers, N.P. van Wyk Louw, Van Heerden self, Antjie Krog, Peter Snyders, Adam Small, Danil Hugo en talle ander is opgeneem en kan nou met 
relatief min moeite op die Vlaamse en Nederlandse taalgebied gelees word.

In die verpakkingsproses is afgekom op talle resensies en besprekings van digbundels en dit is deur Anton Basson opgeneem in 'n plakboek 
wat saam met   die versameling versend is. Hierdeur word die versameling reeds op 'n manier vir potensile lesers ontsluit.

Die vestiging van hierdie versameling in die buiteland kan beskou word as een van die grootste prestasies van die Nederlandse Taalunie se 
projek van die afgelope vyf jaar om die Nederlandistiek in Suid-Afrika uit te bou. In hierdie geval was dit net die omgekeerde, want 
Afrikaans word nou uitgevoer na die Lae Lande. Sodoende word sowel die Nederlandistiek as Afrikaans bevorder. Prof. Wannie Carstens,   
Vakgroep Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale en Kunste aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av617.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

